top of page
Search

DA verwerp bewering dat reen verantwoordelik is vir Vrystaat-paaie se verval

VAALDRIEHOEK - Die DA in die Vrystaat sê hy weier om die Departement van Polisie, Paaie en Vervoer se verskoning te glo dat die reënseisoen verantwoordelik is vir die gebrek aan instandhouding en ontwikkeling van die Vrystaatse provinsiale padnetwerk. Die party sê hulle verwelkom die departement se kommunikasie oor die toestand van die R711 tussen Clarens en Fouriesburg en die R59 tussen Sasolburg en Parys. Die DA sê hulle verstaan wel dat die toestand van die paaie verder versleg weens die reënval. Die DA se Karabo Khakhau sê egter hierdie paaie het al heelwat agteruitgegaan voordat die reënval begin het.

FOTO: (Verskaf)



9 views0 comments
bottom of page