top of page
Search

DA vra vir effektiewe waterbeheerpraktyke in Emfuleni Munisipaliteit

VAALDRIEHOEK - Die DA in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit doen ‘n beroep op die munisipaliteit om doeltreffende waterbeheerpraktyke aan te neem om waterverlies te voorkom. Die oproep deur die DA volg op berigte van lekkende verouderde waterpype, onwettige netwerkverbindings en ander foutiewe infrastruktuur wat verlies aan water veroorsaak. Luidens ’n verklaring van die DA verloor die munisipaliteit tussen 45% en 57% van sy aangekoopte water weens dié kwessies. Die DA sê die munisipaliteit se versuim om gerapporteerde waterlekkasies binne aanbevole tye te herstel, het gelei tot die verlies aan inkomste vir nutsdienste en ‘n verhoging in watertariewe vir gebruikers.

FOTO: (Verskaf)




10 views0 comments
bottom of page