top of page
Search

DA wil hê Emfuleni moet ondersoek word oor onduidelike eiendomstransaksies

VAALDRIEHOEK - Die DA in Gauteng eis dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit dringend ondersoek word weens onduidelike eiendomstransaksies. Dit is in die lig van ‘n hektaar eiendom wat die munisipaliteit vir R21 miljoen van ‘n Beslote Korporasie (BK) gekoop het. Daar is ontdek dat die eiendom vir een miljoen rand aan die BK verkoop is. Dit dui daarop dat ‘n wins van 20 miljoen rand deur die BK verkry is en die party beklemtoon dit as ‘n onreëlmatige transaksie. Die DA se Dennis Ryder sê die party sal ‘n saak by die polisie aanhangig maak om die waarskynlike korrupte verhouding tussen die verkopers en iemand wat nou verbonde is aan die munisipaliteit te ondersoek.

FOTO: (90.6 FM News)


5 views0 comments
bottom of page