top of page
Search

Daaglikse skoolbywoning vir laerskool leerders einde Julie van krag

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Basiese Onderwys sê alle laerskool leerders sal na verwagting vanaf 26 Julie daagliks vir klasse opdaag. Die Departement sê dit het ʼn risiko-aangepaste gedifferensieerde strategie gevolg om seker te maak leerders sal veilig wees gedurende die tyd. Departement woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die reëls is in die Staatskoerant gepubliseer en skole vir leerders met spesiale behoeftes word ook verwag om vanaf 26 Julie na die gewone skoolrooster-model terug te keer.

FOTO: (Verskaf)




6 views0 comments
bottom of page