top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Daar is geen bekende vulstasies onder dié wat glo besmette brandstof verkoop nie

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Minerale Bronne en Energie het verduidelik daar is geen bekende vulstasies onder dié wat na bewering besmette brandstof verkoop nie. Die departement het onlangs onthul 70 vulstasies in die land word ondersoek omdat hulle diesel gemeng met lampolie verkoop, met meer as een-duisend-en-70 monsters wat getoets is. Daar is ook bevind dat sommige van die vulstasies sonder lisensie bedryf word. Die department se woordvoerder, Robert Maake, het aan SABC News gesê motoriste moet waaksaam wees.


Die Outomobiel-assosiasie het vroeër kommer uitgespreek oor vulstasies wat na bewering besmette brandstof verkoop. SABC News berig die AA se woordvoerder, Layton Beard, waarsku die uitwerking wat dit op voertuie het, kan geweldig groot wees, veral omdat verbruikers dit dalk eers in die langtermyn sal agterkom. Hy sê dit kan moontlik wees dat selfs die vulstasies onbewus is die brandstof van sommige verskaffers kan besmet wees. Beard sê hulle weet nog nie hoe wydverspreid die probleem is nie.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments

コメント


bottom of page