Daar is ‘n groot waarskynlikheid dat Suid-Afrikaners fase 8-beurtkrag kan ervaar.
Eskom het vanoggend fase 4-beurtkrag ingestel.
Die kragreus sê hy verwag dat 14 kragopwekkers hierdie week weer in diens sal wees.
Sikonathi Mantshantsha van Eskom sê dit kan help om die druk op die kragstelsel te verminder. Fase 4 sal tot 16:00 namiddag ingestel word en daarna sal fase 5 in werking tree.
Intussen sê die energiekenner, Matthew Cruise daar is ʼn groot waarskynlikheid dat Suid-Afrika fase 8-beurtkrag sal ervaar. Dit beteken huishoudings en ondernemings sal tussen 12 tot 14 uur per dag sonder elektrisiteit wees. Cruise beskou dit as ʼn groot bron van kommer in die lig van Suid-Afrika se huidige ekonomiese struikelblokke.

