Search

Daar is nou weer minder sluise oop by die Vaaldam

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie het vroeër vandeesweek weer veranderings gemaak aan die hoeveelheid sluise wat by die Vaaldam oopgemaak is, omdat die watervlak by die Vaaldam weer gesak het. Die departement het aangekondig dat hy twee van die agt sluishekke wat oop was weens die swaar reën en stygende watervlakke, weer toegemaak het. Dit volg na die agste sluis sedert 20 April 2022 oop was en watervlakke van veral die Vaalrivier aansienlik gestyg het. Die departement se Sputnik Ratau sê een van die sluise is reeds op Sondag, 24 April 2022, toegemaak en die ander een Maandag, 25 April 2022, om 10:00 die oggend. Ratau sê daar is dus nou ses sluishekke oop. Volgens Ratau sal die departement die situasie by die damme en in die Vaalrivier-stelsel voortdurend monitor. Hy sê dit is deel van die departement se werk om infrastruktuur, sowel as die lewens en lewensbestaan van gemeenskapope wat stroomaf woon te beskerm.

FOTO: (Twitter)



24 views0 comments