top of page
Search

Daar is steeds 'n tekort aan alkoholtoetsstelle in die land

VAALDRIEHOEK - Daar is steeds 'n tekort aan alkoholtoetsstelle in die land. Dit in ‘n tyd wat dronkbestuursake oor die feestyd styg. Minister van polisie, Bheki Cele, het met eNCA gesels en gesê dit is as gevolg van voorsieningskwessies. Hy voeg by dat dronk motoriste steeds van die pad afgehaal sal word om 'n asemtoets te doen en die beskikbare alkoholtoetsstelle sal gebruik word. Cele sê dit is die tyd van die jaar wanneer die meeste arrestasies vir dronkbestuur gemaak word. FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page