Daar is tog hoop dat die e-tol stelsel dalk in Gauteng geskrap kan word
VAALDRIEHOEK - Daar is tog 'n tikkie hoop dat Vaaldriehoek en ander Gautengse motoriste wat e-tol moet betaal, dalk kan sien dat die stelsel geskrap word. Die Gautengse regering het voorleggings aan die nasionale regering gedoen om sy teenstand teen die instelling van die e-tolstelsel te herbevestig met die hoop om te verhoed dat dit na die res van die provinsie uitgebrei word. Die LUR vir Vervoer, Jacob Mamabolo, sê die provinsie het met die nasionale regering saamgewerk om die kwessie eens en vir altyd op te los. Hy glo ‘n oortuigende saak is gestel dat inwoners nie met e-tol belas moet wees nie.
FOTO: (myBroadband)
