top of page
Search

Daar word gesê dat 'n hond die mens se beste vriend is.

Inspekteurs van die Vereeniging & Vanderbijlpark DBV het die naweek op 'n klagte in Drumblade in De Deur gereageer. Die DBV se Lycinda Visser sê toe hulle by die toneel aankom, het hulle 'n karkas van 'n hond gevind wat met 'n gebreekte glasbottel oopgeslag is. Volgens Visser was die karkas met 'n kombers bedek en van die hond se organe is in 'n emmer gevind. Inspekteur Visser het sê die oortreder het beweer die hond is besete. Die man se klere was vol bloed, en sy hande het verskeie snye gehad van die gebreekte glasbottel wat hy gebruik het om die hond mee te slag. Die DBV het die karkas vir ’n nadoodse ondersoek gestuur. Nog 'n hond is deur die inspekteurs van die eiendom gered. Die oortreder is ter plaatse gearresteer, en ‘n klagte ingevolge die Dierebeskermingswet 71 van 1962 is teen hom gelê. Hy het Maandag in die Meyerton-landdroshof verskyn en die saak is tot Vrydag uitgestel vir die beskuldigde om formeel om borgtog aansoek te doen. Die DBV het ’n aansoek ingedien dat die beskuldigde se borgtog geweier word.



9 views0 comments
bottom of page