top of page
Search

Daar word voorspel dat brandstofpryse volgende maand sal styg.

Motorise van die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika kan hulleself gereed maak vir verhogings in die prys van brandstof aanstaande maand. Data van die Sentrale Energiefonds vir die middel van die maand toon ‘n onderverhaling vir petrol én diesel. Die prys van petrol sal na verwagting met R1.26 per liter styg terwyl die prys van diesel met sowat 38-sent per liter sal styg. Die amptelike aankondiging oor brandstofpryse vir Maart word teen die einde van dié maand verwag.



3 views0 comments
bottom of page