Search

Datastelsel ontwikkel om koronavirus op te spoor

COVID-19 - Die regering, in samewerking met Telkom en Samsung, het ‘n datastelsel ontwikkeling om mense met die koronavirus op te spoor. Met verdere hulp van die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes en die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing is die databasis verfyn. Samsung sê die selfoon se data, en ander bronne, word aangewend om te bepaal waar die persoon met COVID-19 geleë is, sowel as diegene wat in aanraking met die pasiënt was.


Die Minister van Kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, sê die nuwe regulasies wat bepaal dat selfoon-liggingsinligting gebruik kan word is nie bedoel om op mense te spioeneer nie. Ndabeni-Abrahams sê hulle het ‘n verantwoordelikheid om na enige moontlikheid te kyk om die verspreiding van die virus te bekamp. Selfoonnommers van persone wat geïnfekteer is, asook geografiese bepalingsinligting, sal gebruik word om die besmette mense op te spoor.


Intussen sê die Minister van Justisie, Ronald Lamola, daar sal ‘n regter aangestel word om die individu se privaatheid te beskerm wanneer hy of sy opgespoor word indien hulle kontak met koronaviruspasiënte gehad het. Lamola sê die Direkteur-Generaal van die Departement van Gesondheid sal ‘n weeklikse verslag aan die regter lewer wat sal verseker dat die inligting korrek oorgedra word.

FOTO: (Verskaf)


7 views