Deneysville sedert Sondag sonder krag en water
DENEYSVILLE - Deneysville is sedert Sondagoggend net voor 11-uur sonder krag en kort daarna, water. Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê dat die onbeplande krag onderbreking weens diefstal en vandalisme by die hoof substasie is. VF Plus se Elza Geyser het aan 90.6FM Nuus bevestig dat weens die krag onderbreking, werk die pompstasie nie, wat veroorsaak dat inwoners in Deneysville en Refengkotso ook sonder water is. Die munisipaliteit is bewus van die elektrisiteitsonderbreking in hierdie area en gee aandag daaraan. Volgens Geyser sal die dorp hopelik teen môremiddag weer krag hê, waarna water sal volg. Inwoners word gemaan om alle elektriese stroombane en toestelle ten alle tye as lewendig te hanteer. Die munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief.
FOTO's: (Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit)


