Deneysville vrou in ernstige toestand na by-aanval
DENEYSVILLE - Netcare 911 is uitgeroep om ‘n Deneysville-vrou by te staan na sy deur bye gesteek is. Arrive Alive het in ‘n verklaring gesê die vrou was besig om gras te sny langs die R549 toe die bye aangeval het. Lede van die publiek het nooddienste ontbied en besluit om die ambulans oppad te ontmoet as gevolg van die afstand na die naaste hospitaal. Arrive Alive sê verder dat Netcare 911 Nood Diens Sentrum mediese raad per telefoon gebied het tot die paramedisie die pasiënt kon oorneem. Volgens Netcare 911 was die vrou bewusteloos, haar liggaam was geswel en sy het skaars asem gehaal, toe hulle haar oorgeneem het. Gevorderde lewensondersteuning is onmiddelik toegepas deur die nooddienste as gevolg van erge anafilakse. Na aanvang van behandeling is die vrou na ‘n plaaslike hospitaal gehaas in ‘n ernstige toestand.
FOTO: (Arrive Alive)
