Search

Departement maan Suid-Afrikaners om nie na damme en riviere te stroom as alternatief vir strande nie

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie het Suid-Afrikaners gewaarsku om nie na die land se damme en riviere te stroom as ʼn alternatief vir strande nie. Dit volg op die besluit van die regering om mense gedurende die feestyd te verbied om na sekere strande te gaan. Die Departement sê hulle vrees dat verdrinkings kan toeneem namate baie mense aan swemaktiwiteite tydens die feesseisoen deelneem. Ouers word versoek om altyd hul kinders te vergesel om te verseker dat hulle veilig rondom die water is.

FOTO: (Verskaf)


16 views0 comments