top of page
Search

Departement sê slegs vyf Vaaldam sluise is oop in hierdie stadium

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie sê gerugte dat nog twee sluise by die Vaaldam oopgemaak gaan word, is onwaar. Volgens die woordvoerder van die Departement, Sputnik Ratau, is die inligting uit verlede week se nuus versprei. Ratau sê net vyf sluishekke van die Vaaldam bly oop. Die departement sê hy monitor die impak op die geïntegreerde Vaalrivierstelsel wat benewens die Vaaldam nog dertien damme insluit.

FOTO: (Twitter)



35 views0 comments
bottom of page