top of page
Search

Departement waarsku reisigers van die Vaaldriehoek oor hondsdolheid.

Die department van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het reisigers gemaan om bedag te wees op gebiede wat as ‘n hoe risiko vir hondsdolheid beskou word. Dit sluit in die kusgebiede van KwaZulu-Natal, die OOs-Kaap, Limpopo en Mpumalanga, asook die grens tussen die Vrystaat en Lesotho.

Voordvoerder van die department, Reggie Ngcobo, raai mense aan om nie rondloperhonde en -katte te nader, aan te raak of op te tel nie.

Hondsdolheid is ‘n ernstige en Meestal dodelike siekte wat van besmette diere na mense oorgedra kan word. Enige soogdier kan met hondsdolheid besmet raak. Die hondsdolheidvirus word deur speeksel van 'n besmette dier oorgedra wanneer dit iemand byt, krap of lek.

Diere met hondsdolheid kan gedragsveranderings toon, wat wissel van aggressie, oormatige vriendelikheid of net slaperigheid. Die besmette diere kan baie kwyl, kan dalk nie sluk nie of blaf, kerm en tjank aanhoudend.

Die siekte tas die brein aan en is dodelik sodra kliniese simptome ontwikkel. Daar is geen behandeling daarvoor nie. Ngcobo se indien enigiemand vermoed da thy of sy aan ‘n dier blootgestel is wat dalk hondsolheid het, is dit uiters belangrik om die wond goed met seep onder lopende water te was en om dadelik voorkomende behandeling by die naaste gesondheidsorgfasiliteit te soek.





9 views0 comments
bottom of page