top of page
Search

Departement wil die R59 en die R42-snelweë nuwe name te gee

VAALDRIEHOEK - As die Gautengse departement van Paaie en Vervoer sy sin kry, sal die R59- en die R42-snelweë in die Vaal hernoem word, tesame met ’n aantal ander provinsiale paaie. Die departement is tans in die proses om provinsiale paaie te benoem en te hernoem, en nooi enige belangstellendes om kommentaar op die voorgestelde name te lewer. Die nuwe name sluit in dié van vooraanstaande persone uit verskeie velde, insluitend politieke, sake-, arbeids- en sportvelde, sowel as literêre figure regoor die sosiale, kulturele, ekonomiese en politieke spektrum. Die voorstel sluit in om die R59 na Helen Suzman-rylaan te verander; die R42 na Ellen Khuzwayo-rylaan; en die N12 na Ahmed Kathrada-snelweg. Ander veranderinge sluit in die R80 na Sam Motsuenyane-rylaan; R55 na Philip Kgosana-rylaan; R500 na Elijah Barayi-rylaan; R50 na Joost van der Westhuizen-rylaan; en P139/1 (Christiaan de Wet of Northumberlandweg) na Andrew Mlangeni-rylaan. Geaffekteerde partye word uitgenooi om kommentaar oor die voorgestelde herbenoeming van die provinsiale paaie in te dien by Rhulani.Mahori@gauteng.gov.za of 066 474 3000 vir meer inligting te skakel.

FOTOS: (Verskaf; Netwerk24)




11 views0 comments
bottom of page