Search

Derde lyk gevind nadat voertuig in Vaaldam neerstort

VAALDRIEHOEK - ‘n Derde lyk is gevind na ‘n ongeluk in Oranjeville, waar ‘n motor in die Vaaldam neergestort het. Polisieduikers het Dinsdag die lyke van twee ander insittendes gevind. Daar word beweer dat die voertuig Maandag die staalversperrings van die Prinsloo Magrietta-brug getref het. Polisiewoordvoerder, Brigadier Motantsi Makhele, het bevestig dat al drie die lyke geïdentifiseer is.

FOTO: (SAPD)



11 views0 comments