top of page
Search

Derde skoolhoof gekaap en ontvoer in drie weke.

Die Sedibeng SAPD ondersoek 'n saak na die kaping en ontvoering van die hoof van die Govan Mbeki Primêre skool in Orange Farm, gister. Volgens die Sedibeng Ster, sê die Gautengse provinsiale woordvoerder, luitenant-kolonel Mavela Masondo, die slagoffer se motor is in Orange Farm gevind en die slagoffer self in Soweto. Masondo sê geen verdagte is in hegtenis geneem nie en ondersoeke is aan die gang.

Dit kom nadat die skoolhoof en 'n onderwyser van die Hoërskool Lakeside op die 24ste November ontvoer, beroof en by 'n begraafplaas in Poortjie gelaat is. Op die 30ste November, net 'n week later, is nog 'n kaping- en ontvoeringsaak geopen na die ontvoering van 'n skoolhoof by die Emfuleni Primêre Skool in Bophelong.

Die sekretaris van die Sedibeng Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame, Thabiso Radebe sê hulle is geskok oor die kriminele voorvalle en dat hulle dit sterk veroordeel.




6 views0 comments
bottom of page