top of page
Search

Desember salarisse is tans ‘n uitdaging vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Die Emfuleni plaaslike Munisipaliteit het gister 'n memorandum uitgestuur waarin werknemers van die ELM ingelig word dat die Munisipaliteit tans 'n uitdaging in die gesig staar met betrekking tot die verwerking van salarisse vir die huidige Desember.

Volgens die Waarnemende Uitvoerende Direkteur van Gedeelde Dienste, mnr. Phahlane, is die dilemma gebaseer op die feit dat Eksom die Emfuleni Plaaslike Municpaliteit se bankrekening laat vries het.

Die memorandum lui dat senior bestuur tans besig is om die huidige dooiepunt op te los en dat werknemers op hoogte gehou sal word van enige verdere verwikkelinge in die aangeleentheid.

Phahlane sê die munisipaliteit is in voortdurende skakeling met die kantoor van die Premier en Eskom self.

Daar word voorsien dat salarisse op of omstreeks 23 Desember betaal sal word.

Die senior bestuur van ELM het om verskoning gevra vir enige ongerief wat die aangeleentheid veroorsaak.



9 views0 comments
bottom of page