Die AA sê negatiewe brandstofvooruitsigte duur voort
VAALDRIEHOEK - Die Outomobiel Assosiasie (AA) sê die voorspelde toename in brandstofpryse vir April is kommerwekkend en kan ‘n ernstige uitwerking hê op ‘n ekonomie wat alreeds swaarkry as gevolg van ‘n aantal negatiewe faktore, waaronder korrupsie, oorbesteding aan die staatsdiens en die grootste inkrimping in ‘n eeu. Die assosiasie sê die styging in internasionale petroleumpryse word vererger deur ‘n dalende Rand / Amerikaanse dollar wisselkoers, wat ‘n donker prentjie skets vir plaaslike brandstofpryse. Woordvoerder van die AA, Layton Beard, sê soos dit vandag staan, sal petrol met 90c per liter styg, diesel met 66c, en paraffien sal dan 62c duurder wees.
FOTO: (Verskaf)
