top of page
Search

Die aanwyser vir Agri-sakevertroue is die eerste keer sedert 2020 onder 50 punte

VAALDRIEHOEK - Die Landboubesigheidskamer en Nywerheidsontwikkelingskorporasie se sakevertroue-aanwyser het in die vierde kwartaal met vier punte tot 49 gedaal. Dit is die eerste keer sedert 2020 se tweede kwartaal onder die neutrale vlak van 50 punte. Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê onder die bedryf se belangrikste uitdagings is voortslepende beurtkrag; hoë insetkoste soos landbouchemikalieë, kunsmis en brandstof; die uitbreking van dieresiektes; en stygende rentekoerse. Hy sê die sektor kan verbeter as weerstoestande in die komende maande gunstig is.

Intussen sê AgriSA dit bly noodsaaklik dat die minister van Polisie, Bheki Cele, besonderhede verskaf oor die inwerkingstelling van die nasionale landelike veiligheidstrategie in plaasgemeenskappe. Hy sê die strategie is die beste manier om misdaad in plaasgemeenskappe te hanteer mits dit behoorlik ingestel en van hulpbronne voorsien word. AgriSA sê die polisie se planne vir groter sigbaarheid oor die feestyd tesame met misdaadvoorkomingsoperasies moet ook gepaard gaan met doeltreffende misdaadintelligensie.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page