Die basiese onderwysdepartement bevestig Vrydag is ‘n spesiale skoolvakansiedag
VAALDRIEHOEK - Die Departement van Basiese Onderwys herinner ouers, voogde en skoolgemeenskappe daaraan leerders hoef nie Vrydag skool toe te kom nie want dit is vasgestel as ‘n spesiale skoolvakansie-dag. Die departement sê die besluit is saam met verskeie belanghebbendes geneem aangesien die dag tussen Vryheidsdag vandag en Saterdag val. Die departement wys daarop dat Maandag ook ‘n vakansiedag is omdat dit Werkersdag is. Skole hervat dus Dinsdag.
FOTO: (Verskaf)
