Search

Die beperkings op openbare vervoer word verslap vir toelae-begunstigdes

VAALDRIEHOEK - Die regering het die beperkings op openbare vervoer vir dié week verslap, sodat ontvangers van maatskaplike toelaes by Sassa-betaalpunte kan uitkom. Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het die toegewing aangekondig nadat ‘n aantal liggame in die bedryf voorleggings gedoen het. Van vandag tot Vrydag word busse en taxi’s toegelaat om van 05:00 tot 20:00 begunstigdes te vervoer. Mbalula wys daarop dat die sosiale afstandsreël steeds sal geld.

FOTO: (Verskaf)



0 views
Listen Live.jpg