top of page
Search

Die bruto binnelandse produk goei met 1.6%.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die derde kwartaal van hierdie jaar met 1,6% gegroei. Die grootte van die ekonomie was in hierdie kwartaal groter as voor die Covid-19-pandemie. Dit is goeie nuus aangesien die bruto binnelandse produk in die tweede kwartaal met 0,7% gekrimp het. Agt nywerhede het ‘n toename in ekonomiese bedrywighede aangeteken in die derde kwartaal. Die belangrikste positiewe bydraers tot hierdie groei was finansies, landbou, vervoer en vervaardiging. Uitvoer het in die derde kwartaal met 4,2% toegeneem. President Cyril Ramaphosa het die groei, verwelkom. Ramaphosa sê gegewe die ekonomiese toestand, is daar geen ruimte om gerus te raak nie. Hy voeg egter by daar is rede om te erken die ekonomiese heropbou- en herstelplan wat tydens die Covid-19-pandemie ingestel is, werp vrugte af.



1 view0 comments
bottom of page