Search

Meer as 3000 pasiënte wag vir 'n operasie in die Sebokeng hospitaal.

Die DA in Gauteng sê onbruikbare operasie teaters, beurtkrag en linne-tekorte kry die skuld vir ‘n verstommende 3029 pasiënte wat wag op operasies by die Sebokeng-hospitaal in Vanderbijlpark. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, wag 2250 katarak-pasiënte en 133 urologie-pasiënte reeds nege maande. Bloom sê 544 heup- en knie-chirurgie pasiënte is al vir drie jaar op die lys, en 52 ortopediese pasiënte wag al twee maande lank.



2 views0 comments