top of page
Search

Die DA in Gauteng sê die toename in kindermoorde is kommerwekkend

TSHEPISO - Die DA in Gauteng sê die kommerwekkende toename in kindermoordsake oor die land heen, is ’n duidelike bewys dat kinders se lewens bedreig word. In die jongste voorval is ‘n vrou in hegtenis geneem en van moord aangekla, nadat sy haar pasgebore babadogtertjie by die Tshepiso-stortingsterrein verbrand het. ʼn Woordvoerder van die DA, Refiloe Ntsekhe, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens is steeds swak toegerus, sonder genoegsame opleiding, met gebrekkige hulpbronne en nie in staat om die veiligheid van kinders te verseker nie.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments
bottom of page