Search

Die DA sê Gauteng se LUR’e moet aanspreeklik gehou word vir die R122-miljoen wat vermors is op die K

VEREENIGING - Die DA in Gauteng sê die Provinsiale Departement van Infrastruktuurontwikkeling mors voortdurend belastingbetalers se geld wat bedoel is om die lewens van inwoners in die Vaaldriehoek, asook die res van Gauteng op te hef. Die uitspraak volg nadat die party ontdek het die Kopanong-hospitaal van R208-miljoen in Vereeniging is steeds nie voltooi nie. Tot dusver is R122-miljoen aan die projek bestee. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê die LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, en die LUR vir Infrastruktuurontwikkeling, Tasneem Motara, het nog nie die projek nie inspekteer nie.

FOTO: (Verskaf)



5 views0 comments