Search

Die datum vir die plaaslike regeringsverkiesings is aangekondig

VAALDRIEHOEK - President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die plaaslike regeringsverkiesings vanjaar op Woensdag 27 Oktober sal plaasvind. Die president sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, sal nou die nodige regsproses volg om die datum te proklameer en aan ander vereistes te voldoen. Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op stemgeregtigdes en veral mense wat vir die eerste keer kan stem, om seker te maak hulle is geregistreer om aan die verkiesing deel te neem. Hy sê die verkiesing is die grondslag vir ontwikkeling en dienslewering in mense se onmiddellike omgewing.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments