
Die Departement van Basiese Onderwys nader die Tesourie vir hulp met die oorbevolking in skole
VAALDRIEHOEK - Die Departement Basiese Onderwys werk saam met die Nasionale Tesourie aan ‘n plan om oorbevolking in skole die hoof te bied. Minister Angie Motshekga het die Tesourie genader om finansies in ‘n spesiale ingrypingsprogram te plaas wat daarop gemik is om aandag te skenk aan die tekort aan klaskamers en meubels. Sy het bevestig die geld sal beskikbar wees aan die begin van die volgende boekjaar. FOTO: (Verskaf)
