VAALDRIEHOEK - Die Departement van Basiese Onderwys het vals gerugte op sosiale media veroordeel, dat sommige matriekvraestelle uitgelek het. Altesaam 136 van die 231 vraestelle is reeds sonder voorval geskryf. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die vals plasings op sosiale media is misleidend en wil onnodige verwarring en paniek veroorsaak.
FOTO: (Verskaf)
Comments