top of page
Search

Die Departement van Gesondheid bevestig twee cholera-gevalle in die land.

Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, maan inwoners van die Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaners om waaksaam te wees nadat twee cholera-gevalle in die land bevestig is. Twee susters wat verlede maand na Malawi gereis het, het simptome ontwikkel nadat hulle na Johannesburg teruggekeer het. DIe departement sê ‘n nabye kontak en gesinslid van een van die susters is Saterdag in die hospitaal opgeneem met diarree en ontwatering en is moontlik ‘n cholera-geval. Verlede jaar se cholera-uitbreking in Malawi het teen verlede maand reeds tot meer as ‘n duisend sterftes gelei.




3 views0 comments
bottom of page