top of page
Search

Die Department van Basiese Onderwys is nog besig om matrieks se toestemming te verwerk

VAALDRIEHOEK - Die Departement Basiese Onderwys is nog besig om die vorms te verwerk waarmee matrieks toestemming verleen vir die plasing van hul eksamenuitslae op openbare platforms. Slegs kandidate wat die vorms onderteken het, sal hul uitslae in koerante of aanlyn kan sien wanneer dit die 19de bekendgemaak word. Die vorms is tydens die eksamen uitgedeel ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Woordvoerder Elijah Mhlanga sê hulle glo die verwerking van die dokumente sal betyds afgehandel word en behoort nie die datum van die bekendmaking te raak nie. FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page