top of page
Search

Die EFF sê Suid-Afrika se energiekrisis is die gevolg van ‘n gebrek aan beleidsrigting

VAALDRIEHOEK - Die EFF sê die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika word veroorsaak deur ‘n gebrek aan samehangende beleidsrigting. Die nasionale energiekrisis-komitee wat deur die kantoor van president Cyril Ramaphosa bestuur word, verwag dat die rekordgetal kragonderbrekings minder sal word wanneer maatreëls in plek gestel word. Dit sluit ‘n nuwe wet in wat aanlegontwikkeling bespoedig. Die EFF se adjunkpresident, Floyd Shivambu, het aan die SABC gesê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se onlangse opmerkings dat die regering ‘n plan het om beurtkrag binne 12 tot 18 maande te beëindig, is snert. Shivambu sê Ramaphosa is onbevoeg om die land uit die energiekrisis uit te lei. Daarom moet hy volle verantwoordelikheid aanvaar en onmiddellik bedank. FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page