Die Emfuleni munisipaliteit is vir ‘n tweede keer binne etlike dae hof toe gesleep.
Die Emfuleni munisipaliteit is vir ‘n tweede keer binne etlike dae hof toe gesleep vir ‘n beslagleggingsbevel op die munisipaliteit se primêre bankrekening. Randwater se beslagleggingsbevel is Maandag goedgekeur weens die munisipaliteit se uitstaande skuld van R1.1 miljard rand. Dit volg na Eskom verlede week ‘n hofbevel bekom het om Emfuleni se bankrekening te laat bevries weens uitstaande skuld van R1.3 miljard rand. Volgens die Vryheidsfront Plus, is hierdie slegs die begin van Emfuleni se probleme omdat ander krediteure waarskynlik binnekort dieselfde roete gaan volg as Randwater en Eskom. Buiten dat Emfuleni geen salarisse sal kan betaal nie, beteken hierdie belsagleggings ook dat gebrekkige dienslewering nou totaal tot stilstand knars, en dat getroue belastingbetalers nou gestraf word vir die ANC se wanadministrasie en onvermoë om emfuleni effektief te bestuur.
