Die Gauteng regering beplan samesprekings met inwoners om fondse in te samel vir e-tol skuld.
Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die provinsiale regering sal samesprekings voer met inwoners oor ‘n hibriedmodel om fondse in te samel vir e-tolskuld. Inwoners gaan 12,9-miljard-rand bydra om die Nasionale Padagentskap se skuld vir die oprigting van die Gautengse Snelwegverbeteringsprojek te delg. Die skuld het skerp toegeneem van die aanvanklike koste van 17,4-miljard-rand tot 43-miljard-rand nadat padgebruikers geweier het om e-tol te betaal. Die nasionale regering gaan 70-persent van die skuld betaal en Gauteng 30-persent.

