top of page
Search

Die Gautengse departement van onderwys spend ‘n half miljard rand maar het niks om daarvoor te wys.

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VEREENIGING - Die DA sê die Gautengse departement van onderwys het die afgelope vyf jaar ongeveer ‘n halfmiljard rand verkwis aan halfklaar geboude skole, waarvan die boupersele nou al vir jare verlate staan. Dit terwyl duisende leerders jaarliks sukkel om plek in skole in die provinsie te kry. Volgens inligting wat die departement van infrastruktuur en ontwikkeling vroeer vanjaar in die provinsiale wetgewer bekend gemaak het, het die GDO reeds tussen R450- en R500-miljard gehoes aan projekte om nuwe skole te bou of beswtaande skole op te knap, sonder dat hierdie projekte ooit afgehandel is. Die DA se Khume Ramulifho sê ‘n voorbeeld hiervan is die Rust Ter Vaal sekondere skool in Vereeniging wat in Februarie verlede jaar voltooi moes wees en het die department reeds R55-miljoen gekos. Die skool is egter onveilig verklaar weens asbes infrastruur en oorvol klaskamers. Volgens Ramulifho is daar 20 onvoltooide skole in die provinsie en niemand is nog vir enige van die vertraagde projekte voor stok gekry nie. Die VF Plus se Anton Alberts sê die probleem is duidelik die politieke motief agter die tender proses.




5 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page