Die Gesondheids departement bevestig ‘n sesde cholera-geval in die land.
Die Departement van Gesondheid het bevestig nóg ‘n cholera-geval is in die land aangemeld, wat die getal op ses te staan bring. Die jongste geval is ‘n 19-jarige vrou wat in die Emand leniplakkers kamp in Benoni, Gauteng, woon. Die Gesondheids-departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die reaksiespan het die pasiënt geïdentifiseer tydens kontak-opsporing-aktiwiteite waardeur meer as 1160 mense bereik is. Mohale sê daar is geen rede om paniekerig te raak nie, maar die departement is bekommerd oor die stygende getal cholera-gevalle.

