Search

Die grasietydperk vir die hernuwing van lisensies word verder verleng

VAALDRIEHOEK- Die Padverkeers-bestuurskorporasie het die geldigheidsduur vir motorlisensies en rybewyse van einde volgende maand tot Januarie volgende jaar verleng. Dit geld vir rybewyse en lisensies wat na 26 Maart verval het. Die Outomobiel-assosiasie beskryf die besluit as ‘n reuse oorwinning vir motoriste. Die AA het twee weke gelede ‘n veldtog van stapel gestuur om die regering te vra om die tydperk uit te brei weens probleme met hernuwings. Dit sluit ook leerling-rybewyse, lisensiekaarte, tydelike rybewyse en professionele bestuurslisensies in.

FOTO: (Verskaf)



27 views