Search

Die Hoërskool Driehoek brugramp word vandag herdenk

VANDERBIJLPARK - Vandag is die tweede herdenking van die Hoërskool Driehoek brugramp op 1 Februarie 2019 wat die Vaaldriehoek gemeenskap en die land geruk het. ’n Loopbrug tussen klaskamers en die saal het net ná die oggendbyeenkoms op die skoolterrein ineengestort. Vier leerders het gesterf en meer as 20 is beseer. Die brug is daarna herstel en op 23 April veilig verklaar, maar voor dit gebeur het, is ouers genooi om hand aan hand met hul kinders daaroor te stap om self te sien dat dit veilig is en dat hulle met gemoedsrus daaroor kan loop. Verskeie Vaaldriehoek inwoners het intussen vandag die tragedie op sosiale media herdenk en spesiale meegevoel betuig met die wat geliefdes verloor het. Die skool het volgens 'n amptelike Hoërskool Driehoek Facebook-groep ook vandag die dag herdenk en ‘n paar leerders het in skooldrag blomme gaan neersit by die standbeeld wat by die skool opgerig is in herhinnering.

FOTOS: (Marylise van Tonder)





4 views0 comments

Recent Posts

See All