Search

Die hospitaalgroep Mediclinic se werknemers is nie meer verplig om in te ent nie

VAALDRIEHOEK - Die privaat hospitaalgroep Mediclinic, wat ook hospitale in Vanderbijlpark en Vereeniging het, sê weens die Omikron-variant se gedrag en die verminderde risiko by die werk, het hulle besluit om die instel van hul verpligte Covid-19 inentingsbeleid te versag. Die uitvoerende hoof, Koert Pretorius, sê inenting vir werknemers word nie meer verplig by hul hospitale nie. Alle aansoeke om vrystelling wat ingedien is, word vir eers laat vaar. Alle werknemers, hetsy hulle ingeënt is of nie, sal in hul huidige poste bly en moet steeds die protokolle volg wat veiligheid by die werk verseker.

FOTO: (MediClinic)


20 views0 comments