top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Die IRR vra vir 'n BTW-verlaging na 11,5% om die finansiële druk op Suid-Afrikaners te verlig

VAALDRIEHOEK - Die Instituut vir Rasseverhoudinge versoek die regering om BTW van 15- tot 11,5% te verlaag om finansiële druk op verbruikers te verlig. Die instituut glo hoё lewenskoste en skuldbetalings plaas huishoudings onder druk, veral huiswerkers en die middelklas. Hulle voer aan ‘n BTW-verlaging kan betekenisvolle verligting bring en ekonomiese groei aanhelp sonder om regeringskuld te vergroot of dienste in te kort. Woordvoerder Gabriel Crouse versoek ‘n hersiening van openbare verkrygingswette om staatsbesteding in te kort om moontlik die voorgestelde verlaging van BTW te befonds.


3 views0 comments

Comments


bottom of page