Search

Die Johnson en Johnson Covid-19-entstofverspreiding word vandag hervat

VAALDRIEHOEK - Die Johnson en Johnson Covid-19-entstofverspreidingsveldtog ingevolge die Sisonke-projek, hervat vandag vir Suid-Afrikaanse gesondheidsorgwerkers. Dit volg nádat Suid-Afrikaanse, Amerikaanse en Europese gesondheidsowerhede aanbeveel het dat die verspreiding moet voortgaan en beklemtoon het dat die voordele van beskerming teen ernstige Covid-19 by verre die gevaar van seldsame newe-effekte oortref. Die voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19-entstowwe, professor Barry Schoub, het aan eNCA gesê mense in sekere risikogroepe moet van die Johnson en Johnson-entstof uitgesluit word soos swanger vroue.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments