Search

Die jongste oor Emfuleni waterkrisis

VAALDRIEHOEK - AfriForum Vanderbijlpark het terugvoer gegee oor die onlangse waterprobleme wat baie areas in Emfuleni tans ervaar. Volgens die organisasie het Rand Water, na Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se onderhandelings met hulle, die watertoevoer na reservoirs op 9 Maart 2021 verhoog. AfriForum sê die toename is egter nie voldoende om hoogliggende huishoudings van water te voorsien nie. Emfuleni is volgens die verslag tans in gesprekke met Rand Water om die toevoer verder te verhoog. AfriForum sê egter dat huishoudings wat geraak word steeds min tot geen water sal hê nie totdat die watertoevoer verder verhoog word.

FOTO: (AfriForum Vanderbijlpark)


3 views0 comments

Recent Posts

See All