top of page
Search

Die JSE tree uiteindelik op teen die gewese Steinhoff-hoof Markus Jooste.

Die Johannesburgse Effektebeurs het die gewese Steinhoff-hoof Markus Jooste met 15-miljoen-rand beboet, en hom verbied om die volgende 20 jaar die pos van direkteur by enige maatskappy te beklee. Die JSE sê Jooste moet R7,5-miljoen betaal omdat hy finansiële state bekend gemaak het wat nie voldoen aan noteringsvereistes nie.

Hy moet ook ‘n boete van R7,5-miljoen betaal wat verband hou met die uitgee van ‘n fiktiewe faktuur, wat inkomste valslik met R376-miljoen oordryf het.

Jooste het die JSE ingelig dat hy nie met die besluit saamstem nie en hy daag dit uit.




2 views0 comments
bottom of page