Die land is gereed vir die matrieks 2022 eindeksamen.
Die departement van basiese onderwys sê hy is gereed om die eindeksamen vir die matrieks van 2022 uit te rol. Dit kom ten spyte van wat geopper is oor die voortgesette implementering van beurtkrag en die effek wat dit op die leerders sal hê. Meer as 920 duisend kandidate is ingeskryf om vanjaar die eindeksamen te skryf. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê hulle sal die portefeuljekomitee vandag oor hul gereedheid inlig.
