Search

Die liggaam van ‘n vyfjarige seuntjie word in Orange Farm gevind

ORANGE FARMS - Die polisie in die Vaaldriehoek maan die gemeenskap in ‘n deel van Orange Farms om kalm te bly nadat die naakte liggaam van ‘n vyf-jarige seuntjie die week weggesteek tussen yskaste in ‘n drinkplek gekry is. Polisie-woordvoerder, Kay Makubele sê twee mense word ondervra oor die ontvoering van en moord op klein Mzwandile Zitho. Sy familie sê Mzwandile is nie toegelaat om tydens die inperktyd buite te speel nie, wat beteken dat iemand hom uit die huis uit moes gelok het.

FOTO: (Verskaf)


8 views
Listen Live.jpg