Die liggame van vyf mense word gevind nadat hul boot op die Vaalrivier omgeslaan het
VAALDRIEHOEK - Vyf mense het oor die naweek verdrink toe ‘n boot op die Vaalrivier naby Vereeniging omgeslaan het. Personeel van ER24 het die eerste liggaam Saterdag uit die water gehaal en die man is op die toneel dood verklaar. Die soektog is gister voortgesit en soek- en reddingspanne het die ander vier liggame ook herwin. ‘n Man en ‘n vrou, ook in hulle 30’s, het die ongeluk met geringe beserings oorleef. Volgens een van die oorlewendes het die boot water ingeneem waarna dit omgeslaan het.
FOTO: (EWN)
