top of page
Search

Die Mededingingskommissie se ondersoek na varsproduktemarkte begin volgende maand

VAALDRIEHOEK - Die Mededingingskommissie se omvangryke ondersoek na die varsproduktemark in die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika begin volgende maand. Dit volg nadat die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging die opdrag vir die varsproduktemark-ondersoek in die Staatskoerant gepubliseer het. Die kommissie sê hy gaan marktoestande ondersoek in die hele varsprodukte-voorsieningsketting in die land, vir nie-mededingende gedrag of prysvasstelling. Die kommissie sê van die 1254 ondersoeke na opgeblaasde pryse tydens Covid-19, het 713 verband gehou met basiese voedsel en vars produkte. FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page